Search This Blog

Tuesday, August 26, 2014

Radio Overberg 89,4 FM précis

Mmmh, sniff that new car smell...
This talk covered price tactics when buying a new car, including: 
- what a point-million-something car costs a month;
- why guys like girls in leather,
- what Wesbank says one should budget for when buying on credit;
- which hatches (Polo 1,4 diesel) SUVs (Renault Duster, Ford Eco Sport) and bakkies (Mahindra Scorpio) we recommend for the DJ; 
- how 99,9% of all cars are not investments, despite the $38 million fetched by a Ferrari on a recent auction, and
- we give the good news of the expected lower fuel price next month.

Gideon Joubert: Alwyn jy brag jy het gister weer in 'n punt kar gery -- ek dog die pie-aars wie die een punt iets miljoen rand motors bemark, hou nie van hoe jy die duur karre se bande dalk "soms" laat rook nie?
Awyn Viljoen: Ek wil eers 'n lansie breek vir Bobby McFerin se "Dont worry..." liedjie want so twee weke terug was daar 'n studie wat gewys het mens moet net minder ambisie hê
om gelukkig te wees, En as ek so tussen die duur karre staan, is ek bly ek het nie daai ambisies nie.
En tjaa...Jaguar sal  my eendag seker nog vergewe vir toe ek dalk die wiele te veel gerook het, asseblief Jag, ek sal nie weer nie?
Maar terug na die een-punt-iets-miljoen karre wat ek gister kon ry, die Merc SL, reeks..
Kyk, die motors is darem net in 'n ander klas, van die self-bestuur funksies wat die kar sommer vir jou kan parkeer. tot die opgestopte sitplekgordels wat mens so 'n drukkie gee, tot die gelooide leer wat deur aunties met fyn naalde gestik is.
Daars mos akkers dooie koei-velle in al die punt motors wat hulle nog daai REGTE nuwe kar reuk gee -- wat my altyd herinner aan die grappie: hoekom hou ons Overberg boere so van 'n meisie in 'n leer speelpakkie?
Only Jeremy Clarkson may do this in a borrowed F-Type,
apparently. The rest of us must protect the investment.
Ai, ai, ai, want die dame ruik dan soos 'n nuwe Hilux ja, ons ken ook daai ene. 
Maar alle grappies op 'n stokkie, 
want ons wil vandag gesels oor afbetalingsooreenkomste vir mense wat wil kar koop, so, sê bietjie 
hoeveel betaal mens maandeliks terug op 'n een punt iets miljoen rand se kar?

Wel, dit hang af van jou deposito en rentekoers, maar kom ons aanvaar jy het redelike duur wiele om in te ruil,
bv 'n vorige model Merc en die handelaar gee jou tipies R80 000 inruil,
plus hy noem jou MENEER Gideon en gee jou sommer 'n goeie rentekoers ook,
en dan betaal jy natuurlik nooit daai euwel wat hul balon-betalings noem nie,
en koms ons maak dit 72 maande se terugbetaling
...en druk net die enter knoppie op die Wesbank se aanlyn rekenaarkie ... so..
dan kyk jy na so een en twintig duisend sewe honderd rand 'n maand se terugbetaling. 

VAL EN KLATER GELUIDE -- [Stem ver van mike af]  Skuus ek het nou net van my stoel afgeval.  
Het jy gesê  [kom nader na mike]  een en twintig duisend rand!?  IS daar mense wat soveel geld 'n maand maak?  

Nie baie nie -- die karre verkoop in enkel getalle. Maar hou vas aan daai klanktafel, want Wesbank se baas het nou die dag gewaarsku die afbetaling wat jy aan die bank betaal, behoort net HELFTE  van jou kar koste te wees, terwyl brandstof, tol, onderhoud en versekering die ander helfte uitmaak. 

Genugtig -- vir ons normale mense wat normale karre koop, waarvoor begroot mens dan?

Meeste "normale" -- en darem redelik goeie nuwe karre -- kos vandag rondom 'n kwart milljoen rand voor rentes en bankfooie -- en my sompompie diekant wys dit sal die tipiese koper net oor R5,500 'n maand kos om die kar oor 54 maande af te betaal. 
En as ons nou die helte-helfte formule gebruik dat jou kar se afbetaling net helfte van jou kar se koste is, en aanvaar dat jy -- soos meeste mense -- die duur aankoop eintlik net gaan parkeer en min kilos per dag ry, meen dit jy kyk na naby agt duisend rand 'n maand wat die voertuig jou uit die sak kan jaag. 

Ten minste kan ek vandag vir die luisteraars goeie nuus gee oor die petrolprys, wat aldus die AA volgende week met meer as 50c per liter vir petrol en diesel sal afkom.
Dis mos wat gebeur as dit herfs word in Noord Amerika en die Yanks daar nie soveel olie soek om hulle huise warm te hou in die winter nie. Maar ek bly bitter oor die ru-olie pryse wat ons hier vir Sasol se steenkoolpetrol moet betaal.

Ja, kom ons bepaal ons vanoggend by een revolusie op 'n slag, en dis om die kopers in te lig.  Wat is jou raad aan luisteraars wat wou weet oor kar afbetalings?
Die les is moenie vaskyk teen nou daai two forty nine, ninety nine wat so beskigbaar klink nie -- noem hom op sy naam -- dis 'n kwart miljoen rand en die afbetalinng is die helfte van die ware koste. 
Reps who can claim travel as an income generating expense
may enter balloon repayment agreements.
Even then it can blow up in their face is the job changes. 

Alwyn, jy sê ook bly weg van balon-betalings af, maar dis al hoe baie reps 'n betroubare kar kan bekostig!
Man, ek wil die finansieringstruuk se naam ook verander -- balon klink soos lekker, mens dink partytjies en koek, maar eintlik HUUR jy net die kar vir vier jaar en as jy dan die wiele wil inruil, word jy herinner jy skuld nog driekwart van die kar se nuwe prys. Dit kan werk vir reps wat die huur fooi as deel  van inkomstegenering van hul inkomstebelasting kan aftrek; en elke twee jaar die kar inruil, maar vir die res van ons stel ek voor sak Sarel, en koop ouer wiele wat jy kan bekostig.

Nou wat se motor beveel jy aan as die beste kopie?
Soos my pa altyd gesê het, die beste motor is die een wat jy kontant kan koop en jou buurman kan regmaak. Ek leef self die reël, met ou motors in my "grudge" wat sonder motorplanne en diesulke geldmaak-slenters by die mechanic op die hoek gediens en instand gehou word.
Maar vir mense wat aandring op nuut, selfs teen 50c minder per liter, bly brandstof jou grootste uitgawe naas jou finansieringskoste, en om verder met minder te ry, is die Polo 1,4 diesel tans die beste kopie.

En as mens nou 'n bakkie nodig het?
Nou wil jy weer dat vir myself 'n gat grawe hier en nêrens in Overberg 'n bier in vrede kan drink nie -- want die beste bakkie is NIE Suid-Afrika se bes-verkopende bakkie nie.

Wil jy weer 'n lansie vir 'n Indiese bakkie breek?
Ek wil. So, al julle Hilux manne, tel vir die volgende halwe minuut hardop tot by dertig en druk julle ore toe: is julle reg? hier gaat ons:
Die bakkie wat die meeste sin maak vir mense wat die voertuig moet laai en werk, is enige van die Mahindras. Saam met VAT kos my gunstelinng -- die ruim, enkelkajuit Scorpio -- jou honderd twee en sestig duisend rand. Jy kan begroot vir so R6,000 'n maand, waarvan helfte jou finansieringskoste is, en die res versekering en diesel en onderhoud. En as jy jou besigheid reg hardloop, is dit natuurlik als inkomstegenerering wat jy van jou belasting aftrek. Hierteenoor kos die 2,7 enkeljauit Hilux nou twee honderd en nege duisend, drie honderd rand -- die tipiese afbetaling alleen is so R9000. En ek koop eerder 'n goedkoop as 'n duur hamer.

Maar die duurder Hilux bakkie maak meer sin vir besighede, dis dan mos self meer geld wat jy by Jan Taks kan terug eis, dan nie?
As die aard van jou besigheid en die kontantvloei uit jou sake so is dat jy elke maand die gelde kan dek en terugeis, verseker ja, maar onthou diensverskaffers kan nie motoruitgawes as inkomstegenereing lys nie en enige entrepreneur sal jou vertel kontant vloei juis NIE in 'n besigheid nie -- veral nie in ons boerdery sake -- dis altyd OF vloed OF droogte, en as die kontant-stroompie so drup, drup -- en jy die rieme dun moet sny -- raak daai duur bakkie gou 'n klip om die nek in diepe skuld waters.

Maar kom ons kom terug by die beste kar om te koop -- vir as "one day is one day", en ek 'n paar nommers op die Lotto reg invul? 
Dis dan dat ek aanbeveel jy vergeet die punt iets miljoen karre en gaan skop by jou plaaslike handelaar 'n paar wiele -- want jy kan mos nou nuut kontant koop; en die handleaar kan die kar diens.
Koop dan verseker die Hilux, dis 'n uitstekende bakkie, en jy kan hom mos nou kontant koop soos my liewe vader aanbeveel. Die bakkie is ook hoog genoeg vir daai spoelslote op Overberg se grondpaaie.
As jy 'n sportnuts soek, moet jy een kry met minstens 15 cm se grondvryhoogte. 
Dan het jy 'n ruim kattebak nodig vir al die speelgoed, so 'n luikrug sal doen. 
En laastens wil jy robuust hê... dit als in ag genome is my beste kar vir jou 'n neus-aan neus resies tussen die Renault Duster en die Ford Ecosport. 
Die klein nutswaens kos albei van twee honderd duisend rand tot 'n kwartmiljoen, het super ekonomiese enjins en ry by die 20 cm hoog. 
Ek sal ook kyk na die Toyota Etios, die wa is soos daai Mahindra waarvan ek so hou -- taai in Indïe gebou om in ontwikkelende lande diens te doen, en die nuwe Etios Cross met al sy tupperware op, lyk heel fraai vir honderd en sestig duisend rand. 
As jy NIE die Lotto wen nie, is dit Etios se prys nagenoeg R3,000 terug aan die  bank en met jou soort myle, nagenoeg R2,000 'n maand aan brandstof. 

Maar as ek nou miljoene wen, kan ek mos in 'n kar belê, of gaan jy nou weer preek karre is juis nie 'n belegging nie?
Ja en amen op daai ene swaer. Want maak nie saak wat die veilingshuise en die eienaars van spogmotors jou poog wysmaak nie, 99,9999  karre uit 'n honderd nuwe motors is nie 'n belegging nie. Trouens, jy verloor 30% net deur die eienaar van 'n nuwe motor te word.
Maar ja, ek gee toe, die .00001 persent van die karre wat wel die reël breek, breek hom goed, soos die 1961 Ferrari 250GT wat die naweek vir -- hou eers weer daai tafel vas --- 'n belaglike agt en dertig miljoen Amerikaanse dollers verkoop het.
Dit ten spyte van die feite dat ou Ferraris onbetroubare karre is wat met jou om elke hoek en draai baklei, enige moderne kar ry beter, selfs die nuwe Etios hanteer lekkerder. Maar die ou Ferrari is mos nou soos daai Kardasian sisters of Paris Hilton -- hulle is bekend net omdat hulle bekend is en nie omdat hulle enige iets geoden het nie. Die manne met te veel geld sien dit as 'n saak van trots om op elke veiling roekeloos te veel vir die ou wiele te betaal. 

Ek het nou somme gedoen en daai Ferrari sal hier R404 miljoen rand kos --  dis sikke tye dat ek bly is die jongste psigologiese studies wys, om waarlik gelukkig te wees, moet mens net minder ambisie hê. 
Ons sê dankie aan ons trokdrywerskrywersvriend Alwyn Viljoen vir sy insigte oor motoreienaarskap en speel ons uit met ietsie vir daai ouens met daai hoë paaiemente. Vasbyt broers en susters! Dis Aerosmith se 'Living on the Edge'.